GEBOTTELDE TAMATIE EN UIESMOOR
Engela Kühn Van Staden
4 kg ontvelde ryp tamaties
1 kg uie, skil eers, weeg en sny in groterige stukkies
Was tamaties, plaas in kookwater, ontvel, weeg af en sny of kap in kwarte, en plaas in vergiettes oor die kastrol waarin jy die smoor gaan kook. Dreineer baie goed.
Kook nou die uie in die tamatiewater tot driekwart sag.
Skep so ¾ koppie van die sous uit in ‘n koppie en hou eenkant om koud te word.
Voeg tamaties by, asook die volgende bestanddele wat saam gemeng word met die asyn:
45 ml (3 eetlepels) droë mosterdpoeier
30 ml (2 eetlepels) borrie
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
45 ml (3 eetlepels) sout
750 ml (3 koppies) wit suiker
500 ml (2 koppies) wit asyn
Roer tot suiker oplos.
Bring weer tot kookpunt, en kook vir 15-20 minute tot tamaties net gaar is.
75 ml–150 ml maizena, volgens dikte van sous verlang
Roer nou die hoeveelheid maizena, aangemaak met van die afgekoelde sous, volgens die dikte van die sous wat verlang word, vinnig by.
Sekere tamaties is wateriger as ander, die hoeveelheid mielieblom wat gebruik word, bepaal derhalwe die dikte van die sous wat verlang word.
Bring weer tot kookpunt en kook vir ‘n verdere 5 minute tot dikker of tot mielieblom gaar is.
Skep warm in vooraf gesteriliseerde bottels, en skroef styf toe.
Laat staan regop tot koud, maak weer seker dat deksel styf gedraai is, en laat staan vir ‘n paar dae sodat die geure kan ontwikkel.
Pak in jou kas, nie in yskas, en gebruik soos benodig.
Indien daar met gebruik van die smoor in ‘n bottel oorbly, plaas dit dan in die yskas totdat dit benodig word.
Foto en Resep: Engela Kühn Van Staden