TAMATIEPASTA SOUS
Joyce Esterhuyse
4 kg tamaties
1 kg uie grof gekap
3 k wit asyn
750-1 kg suiker
2,5 eetl sout
2 eetl kerrie(opsioneel)
1 eetl borrie(opsioneel)
1 eetl droë mosterd
3 eetl Mielieblom(Maizena)
Sny kruise waar stingeltjie was van elke tamarie.
Gooi in diep bak en gooi kookwater oor tot al die tamaties bedek is.
Na n paar min behoort jy die skille maklik van kruisie af te trek.
Sny tamaties in kwarte.
Kook intussen die uie, 2 k asyn, suiker, sout en speserye vir 30 min in n pot saam.
Gooi al die tamaties by mengsel in die pot en laat nog 30 min prut.
Meng die Mielieblom met res van asyn en skink by sous, roer mengsel goed deur en kook nog 20 min.
Skink warm sous in gesteriliseerde flesse.
Heerlik saam met pasta, maalvleis of potjiekos