TAMATIE PUREE
Skil ryp tamaties,sny dit in stukke op en verpulp dit in n voedselverwerker of maak dit fyn.
Verhit die pulp stadig tot kookpunt (roer af en toe) en prut dit dan met n deksel op tot n dik puree gevorm het.
Vryf die puree deur n growwe sif of maak dit in n voedselverwerker fyn.
Vul inmaakflesse tot 5mm van borand af met puree.
Verseel die flesse,maar draai die metaalringe n halwe draai los.
Plaas die flesse op n vals boom in n waterbad.
Steriliseer die puree 25 minute by 100 grade C.
Haal die flesse uit en draai die ringe dadelik styf vas.
Onthou 15 ml tamatiepuree vervang 50 ml fyngemaakte vars tamaties.
Resep: Ben Rautenbach
Bron: Lekker vir Later Plus
TAMATIEPASTA
Sny pap ryp tamaties in stukke op en vryf dit met n houtlepel deur n fyn sif of verpulp dit in n voedselverwerker.
Kook die pulp af tot die helfte minder.
Vryf dit weer met n houtlepel deur n fyn sif.
Kook hierdie pulp totdat dit n strooperige konsistensie verdik.
Pers dit deur n stukkie moeselien of kaasdoek.
Bewaar in koel-of vrieskas.
Onthou 15ml tamatiepasta vevang 100 ml fyngemaakte vars tamaties.