VYEKONFYT MET SJOKOLADE, WHISKY EN RISSIES
Voeg n halwe kooksjokolade en rissie na smaak by elke kilo jam en n halwe koppie whisky indien verkies.
(Beulagh Lombard)
Ryp Vye Konfyt
(Pasella)
Bestandele:
1kg afgeskilde vye
600g suiker
100ml water
50ml suurlemoensap
'n paar naeltjies of gemmerwortel
Metode:
Pak die vye en suiker in lae in 'n kastrol. Gooi die water en suurlemoensap oor. Laat 'n uur of twee staan sodat die vrugte water trek (versigtig vir oornag, want die vye kan suur word as dit warm is).
Verhit stadig, roer af en toe totdag die suiker opgelos is.
Voeg geurmiddels by.
Kook vinnig in 'n oop kastrol, roer af en toe met 'n plat roerlepel om te verhoed dat dit aanbrand. Kooktyd wissel na gelang van die rypheidsgraad van die vye tussen 20 en 45 minute. Sodra die kookborrels groot en dik word en die fynkonfyt in traandruppels van die lepel afdrup, is dit gereed.
Verwyder die kastrol van die stoofplaat en laat ‘n minuut staan sodat die skuim en borrels kan bedaar. Proe, en indien jy dink dit is nodig, gooi nog ˜n bietjie suurlemoensap by.
Skep in bottels en verseel.