WILDSBRAAIWORS
Henk Boshoff
Hierdie is n heerlike resep,veral met koedoe en rooibok.
10 kg wildsvleis, kliere en senings verwyder,in blokkies gesny.
3,4 kg varkspek, sogspek nie beer nie, in blokkies gesny.
50 ml goeie worcester sous.
200 gram sout
30 gram vegamine
160 gram fyngemaalde koljander
10 gram fyn naeltjies
45 gram spesiale braaivleisspesery.
6 gram fyngemaalde swartpeper
15 gram gemaalde of gerasperde neutmuskaat
Dik varkderms-worsderms.
Metode
Gooi worcestersous oor wildsvleisblokkies en meng deur.
Meng droë bestanddele goed en gooi oor wildsvleisblokkies, meng goed deur, laat oornag op koel plek staan.
Ek sit nie op hierdie stadium die varkspekblokkies by nie maar verkoel dit tot baie koud, varkspek is geneig om teen kamertemperatuur te smeer tydens die maalproses.
Meng die volgende oggend die varkspekblokkies met die wildsvleismengsel en maal deur growwe plaat.
Jy kan nou hawermout oorgooi of ‘n kommersiële produk om die wors ‘n losser struktuur te gee.
Stop die wors soos boerewors, stywer as droëwors.
Plaas wors in bak, bedek met kleefplastiek en laat oornag in yskas vir geure om goed te vermeng.
Vee nou wors af, verpak en vries.
Die hoeveelheid varkspek werk vir my, jy kan dit effens vermeerder of verminder om by jou smaak te pas.