AARBEI KONFYT MET
GEVRIESDE AARBEIE
Amanda Struwig
Bestanddele:
Aarbeie
Suiker
Suurlemoensap
Appelpektien (nie 'n vereiste, maar ek sit in want wil nie hê my konfyt moet te lank donker kook nie)
Wat ek gedoen het:
Ek het gevriesde aarbeie gebruik.
Vorige dag uit vrieskas gehaal
Toe vrugte lekker los van mekaar af is (nog nie heeltemal ontvries) het ek dit afgeweeg en in verskillende bakke gesit.
Ek het 850gr suiker vir elke kg vrugte gebruik en dit oor die afgemete vrugte gegooi en kort kort so roer gegee.
Volgende dag:
Vir elke 4kg pot het ek 2gevriesde (kolwyntjiepan grootte) appelpektien wat ek vroeëer gemaak het bygesit asook 1 gevriesde (kolwyntjiepan grootte) suurlemoensap.
Ek het dit stadig laat warm word tot al die suiker gesmelt is en toe vinnig gekook vir omtrent 1 uur en half - 2 ure.
Pragtig uitgekom.