TANT MART SWART EN BOEREWORS
Tant Mart Swart was 'n legende in die Platrand omgewing.
Sy het saam met haar seun gewoon in 'n plaashuis sonder elektrisiteit. Sy was rateltaai en van nature beneuk.
Ek dink nog steeds die sagste deel van haar was die stopsels in haar tande. Met mense het sy nie te goed oor die weg gekom nie.
Met diere was dit n ander saak,sy kon werklik met hulle praat. Sy het altyd n klomp mak blouape en ander wilde diere gehad
Van jakkalse,krimpvarke,ystervarke en meerkatte. Die ystervarke het bedags in die huis geslaap,saans het hulle voor die deur gestaan om uit te gaan om net vroegoggend weer terug te keer.
Tant Mart was feitlik totaal selfversorgend,sy het tot haar vroeë tagtigerjare self vingeralleen haar groot groentetuin hanteer.
Ek was baie trots oor my eerste poging om boerewors te maak.
Ek het n pak boerewors geneem en n sak hardekool om vir haar te gaan braai en n bietjie te spog oor my boerewors.
Die boerewors is gebraai en ons het aangesit om te proe. Sy het 'n stukkie geproe en gefrons en toe weer n stukkie geproe. Sy het toe die wors in haar bord en die wors in die opskepbak geneem en by die agterdeur uitgeslinger na haar honde toe.
Sy het toe gebulder,hierdie is nie boerewors nie, dit is bleddie gemors. Sy het my toe die fynere kunsies van boerewors geleer.
Ek en tant Mart het met tye goed oor die weg gekom,maar meermale baklei soos kat en hond.
Ek mis haar werklik.
Henk Boshoff

BOEREWORS RIGLYNE
Van die lekkerste vleisgeregte wat ek al geëet het was boerewors.
Van die onsmaaklikste vleisgeregte wat ek al geëet het was boerewors!
Boerewors kan met reg as SA se nasionale koskultuurskat beskou word.
Ek is geensins snobbisties nie, maar ek koop bitter selde boerewors.
Daar is 'n handjievol slaghuise wat werklik goeie boerewors maak.
Twee van hulle is Groenkloof slaghuis in Pretoria en Verblyden slaghuis in Standerton.
Meeste slaghuise gebruik pre-packed worsspeserye en nie hul eie nie. Daar is, volgens my persoonlike mening, net een pre-pack mengsel wat die moeite werd is,en dit is Freddy Hirsch se Homestay mengsel, maar dan moet die resep effens aangepas word.
Onthou,hierdie is my persoonlike mening,en ek kraak geensins ons Speseryhandelaars af nie,ek koop sommige van hul speserye.

SPESIALITEITSWORSE
Ek gaan die afgelope 30 jaar deur voedselfases, Frans, Portugees, Italiaans, Duits en Oos Europa.
Een fase wat ek behou het is die maak van spesialiteitsworse en verwerkte worse.
Dit is n passie by my en ek sal eerder selfmoord pleeg as om varkworse te koop.
Franse Salami, Genoa en Sopressata is gunstelinge.
Kommersiële SA Salami's proe heeltemal anders as die ware produk.
Regte Landsjager, Choricou, Chorizo, Italiaanse varkwors, Poolse worse is 'n smaaksensasie.
Duitse worse nog meer so.
Ek maak my eie en koop bitter selde die kommersiele produk.