AGTERSTEVOOROM ROOMSPINASIE
Susan Venter
5 bondels spinasie.
Spoel goed af, skeur blare van stingels af, kerf grof en week vir so n halfuur in koue water met 15ml suurlemoensap.
2 koppies melk met 3 desert lepels suurlemoensap (laat staan ten minste 15 minute). Dit is selfde as tuisgemaakte 'buttermilk'.
Gooi 1 koppie olie in diep pot.
Plaas spinasie in die nie te warm olie, sonder deksel en prut (mens hoef nie die water uit te druk nie, skud net oortollige water af).
Sous:
2 medium grootte uie. Kerf.
3 eetlepels botter
4 eetlepels Maizina (meng met koue water)
1 eetlepel growwe sout
1 eetlepel swartpeper
10ml tot 15 ml neutmuskaat
2 teelepels rooipeper
1/2 koppie bruinsuiker
1/2 koppie suurlemoensap
2 huisies knoffel, grof gekap en gekneus
Smelt botter en gooi sout in dieperige pan.
Gooi bruinsuiker by (moenie karameliseer nie - haal eerder pot van stoof af wanneer jy meng)
Roer Maizina in met houtlepel oor medium hitte en staan by met die tuisgemaakte buttermilk. Roer bymekaar tot n dikkerige sous.
Gooi gekapte uie, knoffel en speserye by.
Gooi 1/2 koppie suurlemoensap by en roer gereeld oor lae hitte om n gladde sous te vorm.
Gooi die sous oor die nog mooi groen spinasie (moet nog ferm wees).
Laat prut vir 15 minute (roer gereeld).
Amper vergeet ek, net voor ek gebottel het, het ek so n paar skudjies kaas aromat oorgesprinkel.
Bottel terwyl nog warm in gesteriliseerde bottels. Ek het 4 x 750ml bottels propvol gemaak.
* Die pH van hierdie resep is nog nie getoets, dus hou in yskas tot verdere kennisgewing.