APPELASYN
Hanlie Pieterse
Sny die appels in klein stukkies.
Gebruik een koppie water en groot eetlepel suiker vir elke appel.
Sit alles in 'n bottel met 'n lap en rekkie oor vir twee na drie weke in 'n donker plek. Roer elke dag sodat dit nie muf nie.
Gooi deur 'n sif na 2 of 3 weke sodat net die sap oorbly.
Laat staan vir nog 'n maand.
Nou het jy asyn en kan dit in die yskas sit.
Gedurende die laaste 4 weke en daarna, kan 'n "mother" vorm wat jy dan kan gebruik vir die volgende bottel asyn, wat die proses bietjie vinniger sal maak.
APPEL ASYN
Ben Rautenbach
Snipper ryp Granny Smith-appels met skil en al fyn.
Kneus die snippers effens.
Plaas dit in n skoon houtvaaitjie of diep emaljehouer en druk dit styf vas.
Gooi n skoon doek daaroor.
Laat dit 5-10 dae gis.
Syg die vloeistof wat gevorm het 1 of 2 keer deur.
Moenie deurforseer nie,dit moet stadig deurdrip.
Beskerm dit teen muggies.
Bottel die filtraat,kurk toe en laat 2-3 maande staan om ryp te word.
As daar n afsaksel is,gooi die helder asyn versigtig bo af en bottel dit.
Syg daarna die troebel asyn deur en bottel dit ook.
As baie helder asyn verlang word,kan dit 10 minute gekook en dan deurgesyg, gebottel en toegekurk word.