APPELLIEFIEKONFYT
Weeg die appelliefies.
Gebruik 750g witsuiker
60 ml water en
20 ml suurlemoensap per 1 kg bessies
Voeg die water by die appelliefies en kook dit baie stadig in 'n toe kastrol tot die bessies sag is.
Voeg die suiker en suurlemoensap by en verhit dit stadig tot kookpunt (roer tot die suiker opgelos het).
Kook die konfyt matig vinnig in 'n oop kastrol tot dik genoek (skuim af wanneer nodig)
Bottel en verseël die konfyt warm.
Variasie:
Voeg net genoeg water by die appelliefies om dit te bedek
Kook dit met die deksel op tot die bessies sag en die water lymerig is.
Weeg die mengsel.
Weeg ook 375 g witsuiker per 500g van die mengsel af.
Verhit die suiker in die oond tot louwarm.
Verhit die appelliefiemengsel tot kookpunt, voeg die suiker by en kook dit vinnig to dik genoeg (skuim af wanneer nodig en roer dikwels).
Bottel konfyt warm en laat oornag afkoel voor die flesse verseël word.
Resep: Uit Lekker vir Later Plus

Ek neem gelyke hoeveelhede suiker en appelliefies, dan gooi ek die appelliefies in die pot en die suiker bo-op maak dit toe en laat staan dit oornag.
Die volgende oggend kook ek dit net en ja ek gooi ook so 50 ml suiker in.
Ek kook elke jaar appelliefies want ek het baie bosse appelliefies in mt tuin wat verskriklik baie dra so ek moet gereeld kook.
Ons is mal hieroor.
Dit moet net gereeld gekook word en nie te vinnig kook nie
Resep: Sarie van Niekerk