ASYN
Henk Boshoff
Sonder Asyn gaan jy nie Blatjang,Piekels of n groot verskeidenheid souse kan maak nie.
GESKIEDENIS VAN ASYN
Ongeveer 500 VC het n beskawing in Babelonie Asyn as n skoonmaakmiddel begin gebruik. Hulle het later besef dat Asyn voedselverderf vertraag en selfs keer. Hulle het dit ook as n gesondheidsdrankie gebruik.
Die Romeine het Asyn as n gesondheidsdrankie gebruik.
Die term Vinegar beteken suur wyn.
Ceasar se Weermag het dit ook gebruik om wonde te ontsmet.
Romeine het Asyn gemaak van Wyn,Dadels,Vye en ander vrugte.
Asyn kan feitlik van enige vrug gemaak word.
In die Bybel word Asyn ook genoem,gaan lees gerus Rut 2;14. 'n Spons geweek in asyn is teen Jesus se lippe gehou om Sy dors te verlig op die kruis.
Rysasyn is ongeveer 3000 jaar gelede in Sjina vervaardig. Japanese Samurai krygers het geglo dat Asyn hulle krag en moed gee.Appelasyn is tydens die Amerikaanse Burgeroorlog gebruik om wonde te ontsmet
Sonder Asyn sal piekels,blatjang en baie tipes souse nie vervaardig kan word nie.
Moet onder geen omstandighede die sogenaamde sintetiese of ‘Imitation Vinegar’ gebruik nie,dit is gemors.
Die Amerikaners,en veral die Amish hou daarvan om Appelasyn te gebruik,neem in ag dat Appelasyn spotgoedkoop in die VSA is.
In Suid Afrika gebruik meeste persone gedistelleerde of ‘Spirit Vinegar’ Asyn vir inledoeleindes.
Dit is uiters belangrik om slegs Asyn met n Asetiese suurinhoud van 5 persent te gebruik.
Die persentasie word gewoonlik op die houer aangedui.
Wit Asyn word gewoonlik vir piekels gebruik,
Bruin Asyn gee n beter kleur en geur aan Blatjang.
In feitlik alle reseppe wat Asyn bevat,word aanvaar dat die Suurinhoud 5 persent is.
Druiwe en Wynasyn word selde gebruik.
Balsamiese Asyn word ook selde gebruik vir inlê.
Koop goeie Asyn,jy sal nie spyt wees nie
REGTE BALSAMIESE ASYN
Regte egte Balsamiese asyn is slegs vanaf Modema in Italie beskikbaar.Daar is n paar maniere om die regtes uit te ken.

- Op die bottel moet staan BALSAMIC VINEGAR OF MODEMA IGP
- Bestanddele moet COOKED GRAPE MUST AND WINE VINEGAR wees
- Suurheid regte Balsamic is 6 persent
- Geen karamel of suiker moet bygevoeg wees nie.
- Goeie Balsamic word verouder vanaf 12-25 jaar tot n 100 jaar.
- Kommersiële Balsamic bestaan uit gekonsentreerde druiwesap gemeng met sterk asyn,suiker en karamel.
- TOP TOP GEHALTE BALSAMIC KAN TOT R2800 VIR 30 ML KOS