BASIESE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN BOTTELERING
Henk Boshoff
1. HIGIENE
Uiters belangrik,werk skoon en sorg dat jou toerusting skoon is
2. Steriliseer jou bottels.
Ek was en spoel my bottels goed uit,en plaas dan in n oond teen 120 grade tot benodig
3. Ondersoek jou bottels en maak seker dat die rand nie gekraak of gechip is nie
4. Gebruik glas,nie plastiek nie.
5. Preservering vind plaas deur hitte,totale uitsluiting van lug en die gebruik van
Asyn,Suiker en Sout.
6. As jy piekels suksesvol wil maak,gebruik Suiwelsout,wat absoluut suiwer is en nie Jodium
en ander middels bevat nie
7 Gebruik die regte Asyn. Vir preservering moet Asyn n minimum van 5 persent Asetiese suur bevat. Vir piekels gebruik ek Wit Spirits Asyn .
8. Bruin Asyn lewer n geuriger eindproduk by Blatjang.
Gebruik goeie kwaliteit Witsuiker by konfyt en Bruinsuiker by Blatjang.
9. Gebruik kraakvars groente vir piekels, effens oorryp groente en vrugte kan vir fynkonfyt en blatjang gebruik word.
10. Vul flesse oorlopens toe vol en verwyder lugblasies
11. Enige produk wat Asyn bevat kan net in n vlekvrye staal of geenamelleerde pot gekook word,GLAD NIE in n Aluminium pot nie.
12. Bere jou produkte in n koel donker plek
13. Gebruik goeie kwaliteit speserye
VOLG DIE RESEPTE SE INSTRUKSIES.
INDIEN JY OOR ENIGIETS TWYFEL, VRA NET, VRA IS VRY, EN DAAR IS NIE SO IETS SOOS N ONNOSEL VRAAG NIE.

RAKLEWE VAN INGELEGTE PRODUKTE
Henk Boshoff
Die belangrikste faktor in die lengte van raklewe is stoorkondisies.
Produkte wat in n koel donker plek geberg word gaan baie langer hou.
Konfyt minimum 2 jaar.
Ek het n ruk gelede heel Groenvyekonfyt oopgemaak wat 10 jaar oud was,dit was perfek.
Blatjang minimum 5 jaar.
Ons het n bottel Tamatieblatjang wat 30 jaar oud was oopgemaak,dit was 100 persent
Piekels 2 jaar,piekels is geneig om sag te word as dit te lank geberg word.

WENK OM SANDSUIKER TE VOORKOM
Adi Laubscher
Vir diegene wat al gesukkel het met konfyt of ingelegde vrugte wat sandsuiker geword het.
Die geheim is dat die suiker heeltemal opgelos moet wees voordat die stroop begin kook.
LET WEL daar moet geen kirts-kirts in die pot wees nie, dan eers kan jy dit tot kookpunt bring.
Dit geld vir enige resep waar jy baie suiker gebruik wat opgelos moet word, soos bv. fudge ook.