CHILLI BANG BANG
Johan Taljaard
Wat jy nodig het:
300 - 500 gr rissies of soveel soos jy dink nodig is;
1,5 kg Granny Smith appels;
8 groot uie;
2 -3 toontjies knoffel;
2 duimpies gemmerwortel;
750 ml witasyn;
750 ml goeie kookolie;
30 ml elk paprika en gerookte paprika;
6 -8 teelelpels sout na smaak.
So maak ek:
Grofmaal al die rissies uie appels knoffel en gemmer.
Ek ontpit net die appels los skil aan.
Meng ander bestanddele behalwe sout by en roer goed.
Ek het maar die bygeloof om mengsel so vir 'n uurtjie te laat staan om lekker te bond.
Bring tot kookpunt en kook so vir 35 minute.
Voeg sout by en kook vir nog sowat 5 minute.
Pas net op hierdie ding spat woes en brand gou blase waar dit spat!
Verwyder van hitte en gebruik jou handmenger om die lotjie goed te meng.
Die kleur sal begin verander na 'n ligter skakering en die tekstuur word romerig.
Ek meng ook by hierdie tyd 5ml Xantham Gum om te verhoed dat die olie later begin skei in die bottel.
Ek bottel dit in 250 ml flessies.
Heerlik saam met alle vleise.
"Oupa Tallie en Kleinseuns"