DRIEBONESLAAI
BASIESE SOETSUUR SOUS VIR DRIE BONESLAAI
500 ml (2k) appel, witwyn- of druiweasyn
375 ml (1 ½ k) ligbruinsuiker
2 ml ( ½ t) borrie
10 ml (2t) droë dille (opsioneel)
15 ml (1e) mosterdsaadjies
20 ml (4t) mielieblom aangemaak met bietjie water
Verhit al die bestanddele saam tot kookpunt, roer deurentyd en laat goed kook.Lewer ± 500 ml (2k) sous
DRIEBONESLAAI
Antoinette Roode
Drieboneslaai. Probeer dit gerus, dit vreeslik lekker!!! ~ Drieboneslaai
1 x 400 g-blik botterbone, gedreineer en afgespoel
1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
1 x 400 g-blik nierbone, gedreineer en afgespoel
Vir die sous het jy nodig:
1 eetlepel olie
1 ui, gerasper
1 rooi soetrissie, in dun skyfies gesny
1 teelepel komyn
1 teelepel kerriepoeier
½ teelepel borrie
½ koppie Coca-Cola
¼ koppie balsamiese asyn
¼ teelepel sout
¼ teelepel vars gemaalde swartpeper
Meng al die bone in ’n mooi bak.
Verhit die olie en braai die ui daarin tot ligbruin.
Voeg die soetrissie by en roer vir sowat 2 minute (die soetrissie moet sy kleur behou en nie pap wees nie).
Voeg die komyn, kerriepoeier en borrie by en roer dit deur die bestanddele vir ’n minuut of twee.
Voeg ’n eetlepel van die Coke by en laat die vloeistof eers wegbraai voordat jy nog ’n eetlepel byvoeg. (Daar vorm ’n taaierige lagie onder in die pan, en dit gee die sous ’n lekker smaak.)
Voeg die res van die koeldrank by en roer nog ’n paar minute.
Verwyder van die hitte en voeg die asyn, sout en swartpeper by.
Gooi dit oor die boontjies en sit voor.
Wenk:
Hierdie slaai smaak nog lekkerder as dit ’n rukkie in die yskas gestaan het.
Maak dit dus al die vorige dag.
(As jy hierdie slaai wil bottel, voeg die hele boontjiemengsel by die asynmengsel en laat deurkook. Bottel warm!)
DRIEBONE SLAAI
Magda Helberg
1 x basiese soetsuur sous
2 blikke (410g elk) rooi nierbone gedreineer
2 blikke (410g elk) botterbone gedreineer
2 blikke (410g elk) groenbone gedreineer
2 uie, gekap
2 soetrissies, ontpit en in repies gesny
Handvol gebleikte sultanas
Voeg die res van die bestanddele by die kokende soetsuursous, verhit weer tot kookpunt en laat net weer goed kook.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik
DRIEBONESLAAI MET KERRIE
Ilse Mynhardt Van Wyk
1 blik botterbone, dreineer
1 blik baked bean in tamatiesous
1 blik french cut groenbone, dreineer
4 e asyn
1 plat eetlepel kerrie, matig
2 e suiker
1 t borrie
Meng alles goed en laat ten minste 2 dae in die yskas. Hierdie is genoeg vir 6 mense. Pas hoeveelhede aan soos nodig
As jy dit wil bottel, bring alles tot kookpunt en bottel warm. Jy kan dalk bietjie meer asyn ingooi vir meer sous. My bottels het ek al vir 6 maande gebere dan is dit nog piekfyn.