DROë APPELRINGE
Naomi le Roux
1 Skil ryp appels wat nog styf is en verwyder die klokhuisie.
Sny die appels in 7mm dik ringe op.
2 Dompel die appelringe dadelik in 'n oplossing van 125 g sout per 5 liter water om verkleuring te voorkom. Laat dit net 'n paar minute in die soutwater le voordat dit gedreineer en in 'n enkel laag op ogiesdraad stellasies gepak word. Die appelringe kan ook op stokkies ingeryg word.
3 Berook die appelringe 'n uur of 2 liggies met 500 g swael per 1 vk meter. Droog dit daarna in die skaduwee, waar daar 'n trek is... of droog dit 4 - 6 uur in die oond van 50°C. Wanneer dit in die buitelug gedroog word, hou altyd 'n dun doek oor om die stof en insekte uit te hou.
4 Keer die appelringe om wanneer dit driekwart droog is.
Om te toets vrir droogheid, druk 'n klompie appelringe saam.
As die appelringe los van mekaar val en soos seemsleer voel, is dit droog genoeg om verpak te word.
5 Appelringe wat in die oond gedroog word, moet eers 12 uur lank oop by kamertemperatuur gehou word.