GEDROOGDE GROENTE
Christine Pienaar
Groente wat op die korrekte manier gedroog en geberg word het n raklewe van tot 20 jaar.
Dit neem ook nie baie spasie in beslag nie.
Dit is redelik belangrik om die groente goed te was en dan vir n rukkie in n Askorbiensuur oplossing te week voor droging.
DROGING IS SEKER DIE EFFEKTIEFSTE KOMPONENT VAN LANGTERMYN VOEDSELBEWARING.
Stoor jou gedroogte groente in glasflesse en bottels op 'n droee koel en donker plek.
Terwyl groente verwerk word vir droging, word gewone water met askorbiensuur aanbeveel. Doodgewone Vit C tablette soos bv Scorbex.
Dit voorkom oksidasie.
Oksidasie is as groente/vrugte blootgestel word aan suurstof en so lelike, bruin kleur begin kry.
Sterk soutwater kan ook werk.
2 Vit C tablette op 1 liter water.
Jou produk moet in ewe groot stukke verwerk word. Skywe, rasper, blokkies of hoe jy dit verkies.
Druk droog. Sprei uit op rakke, skinkborde, net of gaas. Moenie dat dit aanmekaar raak nie.
Om te droog, kort jy TWEE goed. Hitte en sirkulasie. Dis dit. Alles wat bykom is ń plus, als wat jy wegvat is ń mislukking.
Jy kan in droeër droog, in jou oond (soos beskuit droog) of buite.
In ons lieflike, sonnige SA is buite droog binne almal se vermoeë. Dis verniet!
Vlieë en goggas kom sit nié op ń nat produk nie. Sodra hy ń droeë velletjie kry, kan jy bedek met net om hulle weg te hou.
In die aand dra ek my rakke binne toe, want hulle trek vog deur die nag as jy hulle buite los.
Na so dag of wat kan jy hulle omdraai en rond woel.
Na 3 goeie dae behoort hulle droog te wees. Soms langer.
As jy wil toets of dit reg is, neem ń handvol van jou gedroogde produk. Druk dit STYF in jou vuis vas. As jy jou hand oopmaak, klou en bondel hy nie. Hy val weer uitmekaar.
Dan is hy reg.
Met bg manier kan jy vrugterolle, perske snippers, tamaties ens ens droog. Ook gevriesde I&J ens kan jy so droog.
BERGING:
Regte bergings metodes moet NOOIT afgeskeep word nie! Lugdigte houers of vakuum verpakking kan gebruik word.
Hou op ń koel, donker plek.
MERK jou produk met datum en inhoud. Jy dink jy gaan onthou, maar jy doen nie!
Gedroogte produk het jare lange raklewe indien reg gestoor.
Voedingswaarde bly behoue met droging.
Een derde gedroogte produk is min of meer gelyk aan een hele deel vars produk. Ook met kruie.