HEEL AGURKIE KONFYT
Moenie die lang stingels van die agurtjies afsny nie.
Sny 'n kruisie aan die onderkant van elke agurkie.
Prik die agurkies hier en daar.
Maak 'n oplossing van 15ml gebluste kalk per 3,5 liter water.
Laat dit 'n rukkie staan sodat die kalk kan afsak en giet die kalkwater af.
Week die agurtjies oornag in die helder kalkwater.
Spoel dit die volgende dag goed in vars water af.
Gebruik vir die stroop,
750ml water
500g witsuiker
25ml suurlemoensap vir elke 500g agurkies.
METODE
Verhit die water, suiker en suurlemoensap tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die agurkies by en kook dit matig tot vinnig totdat die agurkies deurgekonfyt en die stroop dik is. Skuim dit af wanneer nodig.
Laat die agurkies oornag in die stroop le.
Bottel en verseël dit die volgende oggend.
Bewaar op koel donker plek
Bron: Lekker vir Later