HOE OM MET 'N REGTE CANNER IN TE Lê
DIE POT.
Ek het my pot gekry! Skielik is ek bang en geintimideer deur knoppe, rekke, rakke!
Wysers, drukmeters ens lyk ingewikkeld. Bang-bang probeer ek, en maande later sis die canner die mooiste, bekendste geluid in my ore!
Die rek moet stewig pas. Hy hou die stoom in. - malik
Die knoppe van die deksel moet behoorlik styf toegedraai word, anders gaan die pot nooit op druk kom nie.
Moet net nie dat jou man dit doen nie!
Hulle wil die knoppe AFDRAAI!
Vra jou man wat is julle hoogte bo seespieël, en gaan kyk op watter kPa moet jou pot altyd kook.
Myne is maklik.
Dit is by ons (Polokwane) 104kPa.
Dit staan vir kilo pascal en die druk mag NOOIT gedurende die proses onder dit gaan nie.
Jy pas jou pot OP! Jy sit by hom terwyl jy “can” en jy FB of jy kleur in!
Om hom te los vir ‘n klein – klein rukkie is ‘n groot NEE!.
As jou pot begin blaas en hy verloor druk, moet jy OOR BEGIN!
As jy vining genoeg die gewiggie terug druk en jou hitte klein bietjie laer stel red jy die saak dadelik! .
Die gewiggie waarvan ek praat noem hulle die preassure control valve in Eng. ‘n Drukkoker het ook so een.
As jy jou pot baie gebruik soos ek, maak SEKER dat al jou gaatjies en goed mooi skoon is!
Dit kan soms geblok wees en dit is beter om seker te maak.
Jou bottels staan NOOIT op die bodem nie, maar altyd gelig deur ‘n rakkie (met gaatjies in) wat jy saam kry.
BOTTELS:
Ek het vir lank geglo en gehoor dat jy net Consol se regte skroefdeksels bottels kan gebruik. (canfruit).
Die bottels is regtig duur en jy moet elke liewe keer nuwe deksel plaatjies koop wat NET so duur is!!!
Na my 10de boks vol bottels waardeur ek is, het ek besef daar MOET ‘n goedkoper opsie wees!
Ek het laaaank voor die winkelrakke gestaan en gewonder hoe kry hulle dit reg om Pastasous en ander produkte in ander bottels te kry.
Ek het ‘n pallet vol heuningbottels gehad en het dit toe probeer. DIT WERK!!!
OP EEN VOORWAARDE! Dit MOET nuwe deksels wees!!! Dis ‘n MOET!
Ek gebruik ook mayonnaise bottels MET NUWE DEKSELS, maar ‘n tweedehandse bottel is en bly ‘n waagstuk.
Die goed word getamp en kry houe met die gewassery, gebruik ens en die ENIGSTE flop wat ek nog OOIT gehad het, was 2 mayonaise bottels wat se bome uitgeval of uitgebars het tydens prossesering.
Dit wys jou hulle HET wel erens ‘n hou gevat wat jou oog nie kon sien nie!
Maar niks ontplof of skiet teen die dak uit uit nie!
So, dit is hartseer om 2 bottels te verloor maar dit is nie die einde van die wêreld nie!
Al waarvoor ek wel vrek bang is, is dat die inhoud dan dalk die gaatjies kan verstop terwyl dit daar binne kook en dit kan sekerlik nie ‘n goeie ding wees nie!!! Dus bly ek liewers weg van tweedehandse bottels.
Die ding van die deksel is dat daar ‘n rubberlagie aan die binnekant sit.
Die ding se gom raak los, en jy sien di took nie altyd met jou blote oog nie. Die deksels reg en krimp ook, en vir enige inlê produk, is ‘n ou deksel eintlik net ‘n vet kans wat jy vat.
‘n Nuwe deksel kos onder ‘n rand, en dan WEET jy jy is veilig!!!
Die bestandele, tyd en moeite is so baie, dat ek nie kan verstaan hoekom mense dan altyd skrik vir ‘n nuwe deksel nie??????
BOTTEL VAN PRODUK
Die Internet is VOLOP resepte.
‘n Resep het my nog NOOIT gepla nie, dis die BEGINSEL wat moet reg wees!
Die beginsel is maklik.
Daar is 2 metodes.
Warm en koud.
Koud is vir my dom, want die produk sit uit as hy warm word en als loop skeef. (vir my!)
Die wortels dryf bo en die water is te min. Ek doen nie koud nie. Ek doen warm.
Bottel, deksel, produk en water moet warm wees. Jou produk moet bedek wees met water.
Jou bottel MOENIE tot bo vol wees nie!!!!!
Los so 3cm spasie bo oop.
Hou jou bottle se rand SKOON. Vee hom AF voor jy die deksel posit.
Goedjies gaan in die skroefdeel in en die bottle seël dan nie. Onthou dit!!!
Dis vir my die slegste deel van ALS, want die goed is warm en ek is haastig om die deksel op te kry voor dit te veel afkoel, maar ek DOEN DIT!!!
Jou bottle hoef nie gesteliseer te wees nie. Die Canner doen ALS.
Ek gaan soos volg te werk.
Ek sit my skoon bottels in die oond op so 150 Grade.
Ek gooi water in Canner en laat dit solank begin kook.
Die gewiggie moet afgehaal wees en die kraantjie oopgedraai.
Ek sit my Urn aan om te kook.
Ek sit deksels in kookwater.
Ek neem my gewaste, gesnyde (EWE GROOT STUKKE) produk en maak dit warm.
Jy kan dit op die stoof doen, maar ek maak dit in die mikrogolf warm.
Maak nie saak nie. Die BEGINSEL is dat jou produk regdeur warm moet wees!!!
Ek haal ‘n paar bottels uit die oond. Nie te veel nie. Hier moet jy SKAT.
Ek vul die bottels met produk, maak dadelik vol kookwater waarby ek bietjie sout ingegooi het, los GENOEG spasie bo, haal lugborrels uit met sosatiestok , vee rant van bottle af en sit deksel styf op.
GEEN fors met deksel nie. Mens fors NIKS as jy kosmaak nie. Net ordentlik styf. Nie te verpiep nie, dan gaan deksel LOS!
Dan pak ek die waarmee ek klaar is in die Canner sodat hulle warm bly en begin met volgende totdat die pot vol is.
Ek het ‘n 40 liter Canner, en kan nie als op een slag doen nie. Teen die tyd wat die pot wortels kook, is die helfte al pap gekook!
Ek doen eerder bietjies – bietjies op ‘n slag.
As jou pot gepak is, sit jy die canner se deksel op en maak vas. ONTHOU!!! Styf maar NIE fors nie! Jy moet die ding weer loskry ook!
Nou wag jy dat daar ‘n eweredige straal stoom uit die kraantjie uitkom. Hy moet nie poef poef uitkom nie, hy moet aanmekaar en eweredig uitkom.
As hy mooi uitkom, draai jy die kraan toe.
Wag dan so paar minute tot die stoom mooi eweredig by die gaatjie uitkom waar die Preassure Controll Valve opkom.
Seker druk kontrole gewig in Afr???
As jy tevrede is, dan sit jy jou gewiggie op. Nou begin die sports! Druk begin opbou. Laat als op hoog kook tot die drukmeter so op 80kPa kom. Begin dan jou hitte te verminder. As hy op die regte druk is (myne is 104 kPa) dan begin jy jou tyd dophou.
Pas jou pot OP!!! Die hitte is op daardie stadium redelik laag, ander BLY HY blaas.
Dis die MOOISTE geluid! Jy HOOR hom as hy mooi is en reg loop. Hy maak so sing sing paf-paf-paf geluid.
AS hy begin stoom afblaas, druk die Valve af met ‘n spoed dat hy stop!!! Druk hom net in!! NIKS sal gebeur nie! (Ek was die eerste keer vrek bang) As hy dit te veel doen, is jou hitte te hoog. Stel KLEIN bietjie sagter. Nie TE sag nie, want dan verloor hy weer druk!
As die gewag verby is, sit die plaat af en LOS. Los alles. Moenie karring en vat en loer nie. Hy moet SELF en op sy eie tyd stoom afblaas!!! Dit vat LAAAAAAAANK! Gaan doen iets anders.
Ek het al oornag gelos, en die vlg oggend as ek die pot oopmaak, BORREL die bottels nog steeds en is WARM!!!
Jy kan nou bottels versigtig uitlig as druk op 0 is en op iets sags soos ‘n handoek of tafeldoek pak. Pasop vir hard neerpak op tafel of in koue wind/trek.
Ek is maar versigtig. Moenie te veel karring tot jou bottle KOUD is nie!
As jou bottels nog lou is, sal jy hoor hoe pop die deksels in as dit afkoel. Ek het nog nooit een deksel gehad wat nie vassuig en nie inpop nie.
My enigste glips was die 2 mayonaise bottels wat gebreek het.
Nou kom die BELANGRIKSTE DEEL!!!!
VERSORGING.
Dit is hier waar die MEESTE foute insluip! Regtig!!!
Vee jou bottels silwerskoon af. Party voel maar half taai. HAAL AF!
Merk jou bottels.
Dis verskriklik om voor bottels te staan en jy onthou wraggies nie of dit patats of aartappels is nie! Die dag toe jy dit gemaak het, het jy kon sweer dat jy DIT darem sal onthou! JY DOEN NIE.
Sit ‘n datum op! Regtig. Glo my. Doen dit! Dit pla nie in 2016 nie, maar dit gaan pla in 2019 as jy nie kan onthou of dit 2016 of 2018 sin is nie!
Dis mooi om te “brag” met jou harde hande werk. Maar doen dit dan net met een bottel. NIE met almal nie!
Berg dit in ‘n koel, donker plek!
Gebottelde goed hou NIKS van temp skommelinge nie. Skerp lig laat lyk dit soos ek dink tronk sop lyk! NIEMAND gaan dit eet nie!
VIR INTERESSANTHEID
Jy kan basies ALS Can. Enige groente, vleis, vis, sop, hoender. Ek het nou die dag pap in bottels gesit. Glo my, dis LEKKER!!! Jy kort vir dit net ‘n wyebek bottle wat nie “inloop” na bo nie. Ek wil nou so stuk wors in rou pap sit en dit can. Ek dink die sous gaan lekker intrek????
-Ek maak die meel in mikrogolf gaar so droog. Tot dit soos popcorn begin ruik. Dan meng ek dit met kraanwater een meel op 3 water en voeg sout by. LOS GROOT spasie bo in bottle.
-My lekkerste een is sop. Wortel, uie, aart, lensies, pietersielie ens. Ek maak hom eers lekker met sout en geursel as ek hom opwarm vir gebruik.
-Vleis kom MURG SAG uit!
Frikkadelle proe nie lekker vir my nie. Dit proe NET SOOS daai blikkies frikadelle wat mens koop. Die maalvleis verloor sy tekstuur.
-Ek meng my wortel, aart en uie klaar asook my groenbone, aart en uie. Dan gebruik ek net die produk wat die langste kooktyd het se tyd.
-Van my aartappels sny ek klaar chips en bottel dit so. Dreineer net en bak in olie HEERLIK!
-Pampoen MOET NIE moes word nie! Verwarm hom bitter kort voor jy hom bottel. Pampoenkiekies maak is nou ‘n PLESIER!!!
TYE PER GROOTTE VAN BOTTEL. 500ML EN KLEINER. 1 LITER EN KLEINER
GROEN BONE; 500ml – 20MIN GROTER – 25MIN
WORTELS; 500ML – 20 MIN GROTER – 30MIN
PATATS; 500ML – 65 MIN GROTER – 90 MIN
TAMATIES; 500ML – 25MIN GROTER – 25MIN
AARTAPPELS; 500ML – 35 MIN GROTER – 40MIN
SOP - 500ML – 55MIN GROTER – 85MIN
VLEIS - 500ML – 75MIN GROTER – 90MIN
VIS 100MIN GROOT EN KLEIN BOTTELS
Outeur: Christine Pienaar