SUIKERVRYE KERRIEBOONTJIES
Wilma Josey Venter (resep en foto)
3 kg Groenbone fyngekerf
1 kg uie fyngekerf
1 liter Witasyn
1 kg Xylitol
2 eetl rissiepitte
1 eetl peperkorrels
2 teelepls sout
2 teel. Mostertpoeier
4 opgehoopte eetl. Matige kerriepoeier
250 ml maizena
2 koppies koue water
Kook die bone en uie in net genoeg water om dit te bedek en kook tot die uie saggekook is.
Gooi die asyn in 'n groot pot en voeg die Xylitol by. Roer tot die Xylitol opgelos is. Meng nou die res van die bestandele, behalwe die water alles baie goed saam. Voeg die water by. Dit moet baie loperig wees. Voeg nog water by as dit 'n pasta is. Voeg dit by die asynmengsel en roer aanhoudend tot dit dik is. Voeg by die bone en kook deur vir 30min. Roer kort-kort.
Bottel warm in skoon gesteriliseerde flesse.