KERRIEVIS OM TE BOTTEL
Loraine Freitag
1 en 1/2 kg visfilette ( nie te dik stukke nie)
4 GROOT uie in ringe gesny
Vars knoffel, fyngemaak.
Sout en Peper die vis, Pak in lae in groot kastrol met uie en knoffel tussenin.
Plaas ook 3 - 4 lourierblare (bay leaves) tussenin.
In aparte kastrol, verhit klein bietjie olie om speserye gaar te braai.
SPESERYE: (pas aan vir eie smaak)
2 Eetlepels Kerriepoeier
1 Eetlepel Borrie
1/2 pakkie Robertsons Pickling Spices
Voeg ook by Jeera, Dahnia, 1 teelepel fyn kaneel, Masala, ensovoorts. Alles wat jy in
jou gewone kerrie sal sit, so sterk soos jy dit wil he. Rissies ook indien verkies.
Neem 1 Liter WIT ASYN, (ek gebruik Pick n Pay se maak want dit is nie sterk nie. Te sterk
asyn maak die kerrie te suur)
BRAAI speserye vinnig in die warm olie. Pasop vir brand. Gooi asyn by asook 1 en kwart koppie wit suiker. Bring tot KOOKPUNT. Gooi oor vis in ander kastrol, skakel plaat aan op hoog. Sodra dit sterk kook, plaas deksel op. KOOK VIR 15 minute, haal deksel af,
kook VERDERE 5 minute.
BOTTEL IN GESTERILISEERDE BOTTELS of hou in glasbak met deksel in yskas.
GENIET KOUD MET LEKKER VARS BROOD OF ROLLETJIES
LEKKER EET !!!!