KOEJAWEL KONFYT
10 ryp koejawels, met skil en al in stukke gesny
Water
Suiker
Suurlemoensap
METODE:
Pak die koejawelstukke in 'n kastrol en voeg genoeg water by om die vrugte tebedek.
Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 25 minute of tot die vrugte sag is.
Gebruik 'n staaf-versapper om die vrugte te verpulp of druk dit fyn met 'n aartappeldrukker.
Gooi die mengsel in 'n sif (bo-oor 'n groot maatbeker) en roer dit met 'n houtlepel om soveel moontlik koejawelpuree uit die mengsel te kry. (Jy kan hierdie deel uitlos as jy die pitte wil inhou - dis steeds baie lekker)
Kyk hoeveel milliliter puree in die maatbeker is en gooi dit in 'n kastrol met dieselfde hoeveelheid suiker en 15 ml vars suurlemoensap vir elke koppie (250 ml) suiker wat jy gebruik.
Verhit die mengsel stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot ál die suiker opgelos is.
Verhit tot kookpunt en kook tot die mengsel nie meer waterig lyk nie en totdat dit stol as jy 'n klein bietjie daarvan op 'n koue piering skep.
Skep in gesteriliseerde flesse en verseel dadelik.
Bêre op 'n koel, droe plek.
Lewer ongeveer 750 ml konfyt