KWEPERJELLIE
Sny 2 kg kwepers met skil en al in stukke op. Voeg 2.5liter water en skil en sap van 1 surlemoen by. Prut die kwepers sowat ‘n uur lank in ‘n toe kastrol tot goed sag. Suig die pulp deur ‘n jelliesak of dubbele kaasdoek. Sit die filtraat vir eers opsy en skep die pulp terug in die kastrol. Voeg 1.25 liter vars water by die pulp, verhit dit tot kookpunt en prut dit ‘n half uur. Suig dit ook deur. Meng die twee kooksels filtraat en meet die hoeveelheid af. Voeg by elke 500ml filtraat 400g wit suiker. Verhit dit tot kookpunt en roer dit net aan die begin om die suiker te laat oplos en nie weer daarna nie. Kook dit vining tot die stroop jel as ‘n klein bietjie in ‘n koue piering getoets word. Skep die skuim af en bottel en verseel die jellie warm. Bron: Kook en Geniet |
RAAD MET KWEPERJELLIE
Magda van Wyk Hierdie was gekook net met die skille ek pitte, toe ek sien na 'n uur se kook die jellie is nie so mooi en dik nie toe gooi ek vir elke 2 koppies sap wat ek gebruik het ½ teelepel wynsteensuur by, ek het dit deurgeroer en van plaat afgehaal en toe toets ek weer, toe is dit reg. Die skille en pitte het nie genoeg pektien gehad om lekker stywe jellie te vorm nie, dan help die wynsteensuur. Maar dit moet nie kook nie, dan kook die pektien uit. Ek het na ek getoets het gesien nou is dit lekker jellie en dadelik geskep. Daar het sommer jellie in die bord gevorm soos ek die beker neersit waarmee en in bottels gooi......... En die ding van jellie, gooi suiker in, en roer net tot die suiker opgelos is en los. Moet nie weer roer nie, skep net skuim af. As jy weer roer terwyl dit kook kom dit nie so mooi en helder uit nie..... Jenny Schneigansz Jy kook di hele kweper, sny rofweg op, jy moet n stuk moeselien doek 'muslin' of ongebleikte linne he om dit deur te suig om n helder deurskynende jellie te kry. Ek gooi dit eers deur sif en dan in di doek laat die vloeistof stadig deur drup. Ek knoop dit vas aan my boonste kombuis kas se handvatsel met n bak onder, dit is n tydsame proses. Jy kook hulle tot als sag is. Jy kan di oorblyfsels van kwepers weer in minder water kook en daai water by jo eerstes byvoeg. Voor jy suiker bygooi toets vr pektien neem 2 E pers spirits in n glas en voeg 1 E sap by, as daar genoeg pektien is om n jellie te vorm sal dit 1 klont vorm, as dit ni so maak ni, voeg bietjie wynsteen suur, suurlemoen sap of my gunsteling appel cider vinegar by, tot dit reg toets. KWEPERJELLIE
Ben Rautenbach : 2kg kwepers met skil en al in stukke gesny. Voeg 2.5 liter water en skil en sap van 1 suurlemoen by. Prut die kwepers sowat n uur lank in toe kastrol tot goed sag. Syg die pulp deur n jelliesak of dubbele laag kaasdoek. Sit die filtraat vir eers opsy en skep die pulp terug in die kastrol. Voeg 1.25 liter vars water by die pulp,verhit dit tot kookpunt en prut dit halfuur. Syg dit ook deur. Meng die 2 kooksels filtraat en meet die hoeveelheid af. Voeg by elke 500 ml filtraat 400 gram witsuiker. Verhit tot kookpunt en roer net aan die begin om suiker te laat oplos en nie weer daarna nie. Kook vinnig tot die stroop jel as klein bietjie in n koue piering getoets word. Skep die skuim af en bottel en verseel die jellie warm. |
KWEPERJELLIE: RAAD HOE OM PEKTIEN TE TOETS
Santa Bester
Met die tyd saam het ek egter in die praktyk ʼn paar dinge geleer.
No 1 is dat jy die spiritus metode moet gebruik om te bepaal wat die gehalte van die pektien in vrugte is. ( 3 Eetlepels spiritus op 1 eetlepel sap) Skommel liggies vir ʼn paar sekondes. Moet nie roer nie. Laat staan vir paar sekondes en gooi versigtig in ʼn piering uit.
1 Stewige klont goeie pektien gehalte. Voeg 1kop suiker vir elke kop sap by. Twee groot klonte gebruik ʼn 3/4 koppie suiker vir 1 koppie sap. Klein klontjies nie geskik vir gebruik nie. Mens kan die sap dan langer kook sodat meer vog verdamp en weer toets maar daar is nie regtig ʼn waarborg dat ʼn beter gehalte pektien verkry gaan word nie.
No 2 moet nooit ʼn groot hoeveelheid jellie op ʼn slag kook nie. So 6 koppies sap en suiker is ideaal
No 3 Roer net totdat die suiker opgelos is en kook redelik vinnig. Sodra dit begin borrel moet jy jou weerhou om kort kort te roer. Alleenlik wanneer die produk byna gereed is kan jy weer roer. Baie roer maak ook die jellie troebel.
Wat van uiterste belang is, is dat jou sap voordat jy kook reg deurgesyg moet word. As jy nie moeselien doek het nie gebruik van die dun brush nylon dubbeld gevou met ʼn dun laag watte tussen in. Ek gebruik my vergietes om die lae lap in te sit wat ek weer ip ʼn 5liter emmer plaas. Vrugte en sap moet nie te warm wees nie. Laat oornag tot 24 uur lank stadig deursyg sonder om te roer of te druk vir meer sap. Dit sal ook jou jellie troebel laat vertoon. Afhangende vd suurgehalte vd vrugte voeg ongeveer 10 minute voordat dit gereed is die suur soos suurlemoensap of wynsteeensuur by wat help met die stolproses. Verhouding is gewoonlik 1 eetl suurlemoensap of ʼn halwe teelepel wynsteensuur vir elke 2 koppies sap. Moet nie te lank voor die tyd byvoeg nie want dan verander die pektien in pektiensuur.
As jy wil seker maak daar is geen onsuiwerhede in jou jellie nie is dit raadsaam om sodra die suiker opgelos het maar alvorens die kook proses begin, om die mengsel weereens deur ʼn doek wat met ʼn dun laag watte uitgevoer is te syg. So word die onsuiwerhede wat in die suiker is ook uitgehaal.
Lekker kook.