LEMOEN- EN PYNAPPELKONFYT
4 lemoene
3 suurlemoene
1 klein pynappel
1,25 liter water
2,25 kg suiker
Was lemoene en suurlemoene, sny hulle met ‘n skerp mes middeldeur en
dan in dun skyfies. Gooi die pitte weg.
Sny die pynappel se skil af en verwyder die middelste harde deel. Sny die
res in dun skywe. Plaas die vrugte in ‘n bak saam met water, bedek en laat
staan tot die volgende oggend.
Plaas die vrugte en water die volgende dag in ‘n groot kastrol, laat opkook,
verminder hitte en prut 20 minute lank met deksel op totdat die skil sag is.
Voeg suiker by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Verhoog
hitte en kook 25 tot 30 minute sonder deksel of totdat die pieringtoets aandui
dit is gereed.
Skep die skuim bo-op af, giet in gesteriliseerde bottels en verseel.
Lewer sowat 2 liter