LEMOENJELLIE
Sny 12 lemoene en 3 suurlemoene met die skil en te al in dun skyfies op.
Verwyder die pitte en bind dit in ‘n stukkie moeseliendoekie toe.
Voeg 7 liter water en die pittesakkie by die vrugteskyfies en kook dit 3 – 4 uur
baie stadig totdat dievloeistof met die helfte verminder het.
Verwyder die pittesakkie en syg die mengsel oornag deur ‘n jelliesak of dubbele
Laag moeselien –of kaasdoek; moenie dit deurpers nie.
Meet die hoeveelheid filtraat die volgende dag af.
Voeg 500 g wit suiker by elke 625 ml filtraat.
Verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit net aan die begin om die suiker te laat oplos.
Kook dit dan vinnig en as die stroop op ‘n koue piering begin stol, is dit reg.
Skuim dit af en bottle warm in gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.
Bron: Lekker vir later