MAROELA JELLIE
Henk Boshoff
Gebruik ferm vars Maroelas wat sopas van boom afgeval het.
Was ordentelik en sny stingelens af
Sny met n skerp messie kepies reg rondom vrug,ook kruis en dwars.
Weeg 1 kg vrugte en meng met
1 liter water,d.w.s.die verhouding moet gelyk wees ,vir elke 1kg vrug,1 liter water.
Kook in pot met deksel op vir 1 uur..Gooi deur kaasdoek,moenie deurforseer nie.
Toets pektien,deur n lepel sap versigtig in n koppie,waarin so 30 ml Brandspiritus is,te gooi.As dit n stewige klont maak,is dit reg.
Neem 1 koppie suiker vir elke koppie sap,laat suiker oplos voordat produk kook,kook dan vinnig tot jellierig.Bottel kokend en laat bottels ongestoord vir 24 uur.Onthou om n teelepel Suurlemoensap vir elke 500ml by te voeg.
Foto: Susan Snyman La Grange
Veronica Kern: het hierdie lekker wenk:
My skoonma het massas maroela jellie gekook.
Sy het my weer geleer jy moet n groot koue lepel in die pot druk terwyl dit kook.
Dan hou jy die lepel dwars dat die stroop afloop.
As die stroop riffels maak en n groot dik druppel onder aan die lepel vorm, is jou jellie reg.