MIELIESTRONK JELLIE
BESTANDDELE
METODE
Bron: dailydishrecipies.com
Vertaling: Amanda Struwig
BESTANDDELE
- 12 Mieliestronke, pitte verwyder
- 1 pakkie poeier Pektien
- 3½ - 4 koppies Water
- Paar druppeltjies geel Kleursel
- 3½ - 4 koppies Water waar die mielies in gekook is
METODE
- Plaas die stronke in 'n pot met omtrent 6-8 koppies water en verhit tot kookpunt.
- Kook sonder deksel vir ongeveer 10 minute
- Verwyder die stronke en giet vloeistof deur 'n sif om stukkies te verwyder.
- Hou 3½ kop van die vloeistof en gooi die res weg.
- Plaas die water waarin stronke gekook is, in 'n groot pot en roer die pektien by. Laat vinnig kook.
- Voeg die suiker by en kook weer.
- Skep die skuim af en voeg paar druppels geel kleursel by as jy verkies.
- Skep die vloeistof in potjies en los so 2cm spasie
- Plaas die seëlringe of deksels op die fles en prossesseer in waterbad vir 10-15 minute
- Haal uit en sit eenkant. Sodra dit afkoel, luister vir die doppies wat insuig. Maak so popgeluid.
- As die deksels nie "pop" nie, plaas in yskas en gebruik binne 2 weke.
- Raklewe vir geseëlde flesse is 1-2 jaar.
Bron: dailydishrecipies.com
Vertaling: Amanda Struwig