PASTASLAAI MET PERSKESNIPPERS
Sanlie Le Roux
Ek gebruik hierdie resep en my bottel noodles is elke keer baie lekker.
1 pak penne pasta 500gram
250ml bruin asyn
250ml kookolie
500ml tamatie sous
250ml suiker
2 hoogvol eetlepel kerrie (volgens smaak)
1 klein blikkie ingelegde perskes opgesny klein
1 groot ui opgesny klein
1 elk groen, rooi, geel pepper opgesny klein
Sout en pepper na smaak.
Ek gebruik Indier kerrie so dit het n effense brand wat baie lekker is.
Maar kan ook gewone kerrie gebruik en dalk tabasco ingooi.
Kook pasta net voor sag gaar, kook mengsel behalwe pasta saam net tot baie warm.
Gooi als saam pasta en meng goed deur.
Belangrik moet kokend warm wees.
Ek meng sommer in n pot op my stoof net tot dit baie warm is.
Bottels maak ek vrek warm in microgolf en dan bottel ek.
Sit dit in my wasbak met kokende ketel water tot water afgekoel het.
Dit is belangrik om nie jou pasta pap gaar te maak nie, omdat hy baie hitte na die tyd kry en nog gaar word.