PEER KONFYT MET GEMMER EN KANEEL
1 kg ferm Pere, geskil en ontkern
Sap van 1 groot, ryp Suurlemoen
750 ml Witsuiker
5 ml gerasperde vars Gemmer
3 Kaneelstokkies
Rasper die pere in die suuelemoensap in 'n nie-metaalbak.
Roer dit nou en dan om te verseker dat die peerstukkies met die suuelemoensap bedek word (dit keer dat die vrugte verbruin).
Sit die peer-en-suurlemoensapmengsel in 'n groot kastrol en voeg die suiker, gemmer en kaneelstokke by.
Verhit stadig oor lae hitte, terwyl jy aanhoudend roer, tot die suiker gesmelt is.
Verhit tot kookpunt en prut tot die konfyt setpunt bereik.
Giet in gesteriliseerde flesse en verseël.
Lewer ongeveer 500ml konfyt.