PIEKEL ASPERSIES
(Maak twee flesse)
800g vars aspersies gewas
250ml witwynasyn
300ml water
5ml mosterdsaad
7,5ml piekelspeserye
15ml sout
IN ELKE GESTERILISEERDE FLES:
Knypie rooipeper
2,5ml dille saad
1/2 knoffelhuisie
1/2 jalapeno rissie opsioneel
METODE:
Sit die aspersies in 'n kastrol vol kookwater en blansjeer vir 1 minuut.
Dreineer en spoel onder koue water af.
Pak die aspersies (probeer so veel as moontlik inpas) in die bereide flesse met die punte na bo.
Verhit die witwynasyn, water, mosterdsaad, piekelspeserye en sout in 'n kastrol en laat vir 15 minute kook.
Giet dit bo-oor die lote in die flesse en verseel dadelik, maar draai die deksel weer 'n halwe draai los.
Steriliseer die aspersies vir 5-10 minute in 'n waterbad.
Haal die flesse uit, draai die deksel dadelik styf toe en laat die flesse afkoel.
WENK:
Regop flesse werk beter.
Dit is moeilik om te bepaal hoeveel aspersies jy in elke fles sal inpas omdat die dikte van die aspersies geweldig verskil