PIESANG BLATJANG
Hannetjie Henrico 1 kg piesangs 2 soetrissies 2 uie 2 knoffelhuisies 750 ml bruin asyn 500 gr wit suiker 250 gr gebleikte sultanas 10 ml sout 10 ml Kerrie 5 ml borrie 1 ml tiemie Knippie kruienaeltjies Skil piesangs En sny in skyfies. Kap rissies fyn asook uie En knoffel. Verhit allies stadig En roer dit aan die begin tot suiker opgelos is. Kook. Tot dik. Bottel warm En seel. PIESANG BLATJANG Vicky Jordaan Het die resep ook erens op n blad gekry Dis vrek lekker. 800g geskilde piesangs 2 groenrissies 2 uie knoffel 250g sultanas sout en peper 10ml kerrie 5 ml borrie 1 ml tiemie knippie naeltjies 750ml asyn 400g suiker. Sny piesangs in skyfies Kap groenrissie, knoffel en uie fyn braai dit saam Gooi als nou saam in 1 pot en kook vir +- 1 uur roer kort kort bottel warm |
PIESANG BLATJANG
Rina Oelofse 1kg piesangs 2 soetrissies 2uie 2knoffelhuisies 75ml bruin asyn 500gm suiker 250g gebleikte sultanas 10 ml sout 10ml kerrie 1ml tiemie Knippie kruienaaltjies Skil die piesangs En sny skyfies Kap die rissies fyn asook uie en knoffel Verhit alles stadig en roer dit aan die begin tot suiker opgelos is Kook tot dik Bottel warm geniet dit dis baie lekker PIESANG BLATJANG Faith Metzler Bestanddele 12 geskilde piesangs, in ringe gesny 250 ml sultanas 2 groot gekapte uie 250 ml suiker 15 ml kerriepoeier 500 ml wit asyn 15 ml sout knippie rooipeper 2 stukke pypkaneel Metode Meng die bestanddele in ‘n geskikte kastrol en prut stadig tot dik. Kook sonder ‘n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand. Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees. Proe en verwyder die kaneel. Skep in gesteriliseerde flesse.. Bewaar om ryp te word. |