PRUT-POT BACON EN UIE KONFYT
Albert Buitenhuis
Bestanddele:
500 g Streep spek (Streaky bacon) gesny in 2x2 cm stukkies
2 groot uie in klein blokkies gesny
3 knoffel huisies, fyn gedruk
1/2 koppie (125 ml) wit wyn- of appel asyn
1/2 koppie (125 ml) donker bruin suiker
1/4 koppie (65 ml) suiwer Maple stroop
3/4 koffie (200 ml) goeie kwaliteit koffie
Metode:
Braai die spek in n pan tot lig bruin en effens bros. Plaas gebraaide spek op kombuis papier om te dreineer.
Braai die uie in dieselfde pan tot deurskeinend, voeg die knoffel by en braai vir n verdere minuut. Dreineer op kombuis papier.
Gooi die vet van die pan af (bewaar vir latere gebruik), maar moenie die pan skoon maak nie.
Plaas die res van die bestandele (asyn, suiker, stroop en koffie) in die pan en bring tot kookpunt. Maak seker al die lekker stukkies spek kom los (deglaze).
Roer die spek, uie en knoffel by en plaas in n prut pot (Slow cooker). Moenie die deksel op sit nie. Kook op hoog vir 3 tot 4 ure totdat die vloeistof dik en strooperig is.
In n voedselverwerker, verwerk tot grof. Bottel warm. Plaas in die yskas as dit oopgemaak is.