TAMATIELOSE RISSIESOUS
Johan Crous
(Oorspronklike resep van Alet Leuchtenberger is aangepas om sonder tamaties te wees.)
Ek het ook nie genoeg Jalapenos kon kry nie en het brandrissies gebruik.
100g Brandrissies, versnipper, en ek het nie die pitte verwyder nie.
3 uie, versnipper
3 rooi soetrissies (greenpepper) versnipper, ek het die pitte ook gebruik.
1 appel, gerasper
2tl mosterd poeier
halwe tl sout
1tl peper
2tl kerrie
1tl achaar masala
1tl vleis speserye of hoender speserye
1 blokkie beef stock (ek het chilli en beef gebruik),
2 eetl maizena - moenie meer gebruik nie.
350 gram emmertjie "chrushed garlic and chilli (Foodlovers Market)"
250 ml water
150ml asyn
250ml suiker
olyfolie.
BRAAI SAAM: Brandrissies, soetrissies, uie, garlic en chilli in olyfolie. Voeg masala, beef stock, vleis speserye, sout, mosterdpoeier en peper by en braai vir 5min. Voeg nou gerasperde appels, suiker, asyn en water by, roer goed, kook oor lae hitte vir 20-30minute, roer kort kort.
Maak maizena met water aan en voeg by, (+- 250ml water) afhangende hoe dik jy jou rissiesous wil hê. Kook vir 10minute. BOTTEL WARM.
Dit is nie te warm nie, maar het 'n byt. Dit is egter nie suur weens tamaties nie en behoort langer te hou. Hierdie metode gee 'n "chunky" sous. As jy dit fyn wil hê kan jy die bestanddele versap in 'n versapper. Hierdie sous kan ook oor braaipap gebruik word.