SUURLEMOEN MARMELADE MET ROOIBOSTEE
Iandra Christien Maré
Ek het die raad gevolg om die suurlemoene te week oornag ~ ek het ook 2 resepte se metodes gekombineer.
1kg suurlemoene ~ myne was 9 suurlemoene
1kg suiker
1L Rooibostee aangemaak met 4 sakkies tee ~ dit moet lekker sterk trek.
Skil 3 van die suurlemoene se skil baie dun af. Kook die skil vir 'n minuut en hou eenkant.
Druk die 3 suurlemoene sonder skil se sap uit en hou ook eenkant.
Sny al die suurlemoene in stukkies of skywe tot die wat geskil en gesap is. MAAK SEKER AL DIE PITTE IS VERWYDER .
Hou dit, ek het myne in 'n stuk van 'n nuwe verband toegedraai en styf vas geknoop ek het nie daai snaakse sakkies en lap nie ~ kook dit die volgende dag saam die suurlemoene voor die suiker ingegooi word.
Gooi louwarm water oor die suurlemoene en week oornag. Gooi die water af en plaas die suurlemoene in 'n pot saam die suurlemoensap en kook vir 5 minute ~ roer aanhoudend om hitte te versprei.
Gooi die tee by die suurlemoene saam die pitte wat toegebind is. Ek my sakkie sommer aan die pot se handvatsel vas sodat dit makliker is om te verwyder.
Kook tot die suurlemoene baie sag is. Verwyder die pitte.
Gooi suiker by en kook verder tot die verlangde tekstuur. Myne het so 30 - 40 minute gekook.
Bottel in gesteriliseerde bottels en geniet!