SOET RISSIE SOUS
Christine Gerber
Ons bly op 'n seiljag in die Karriebiese Eilande. Hier kry ons baie lekker chilli souse, maar niks Sweet Chillisous nie. Ek maak toe maar 'n plan en kook my eie. Baie lekker, veral saam met gebraaide vark of hoender vlerkies.
Resep kan maklik verdubbel word. Ek maak nie baie op 'n slag nie agv beperkte spasie op die boot.
Groep 1:
1 medium ui
3 knoffeltoontjies
1 groot ryp tamatie (moenie skil verwyder - lyk mooi in sous)
2 rooi brandrissies
1 groen brandrissie
1 e sushi gemmer of 1 t fyn gemmer
Kap en kerf alles vir groep 1 baie baie fyn.
Groep 2:
1 k wit asyn
2 e sojasous
Groep 3:
Halwe koppie appelkooskonfyt
3 e maizena
1 k water (nie warm)
3 e bruinsuiker
Metode.
Voeg groep 1 en 2 in kastrol en kook ongeveer 10 minute saam tot uie sag is.
Meng nou groep 3 se bestanddele saam en roer by groep 1 en 2.
Kook 'n verdere 5 tot 10 minute. Passop vir brand, roer gereeld.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Hoop julle geniet dit soveel soos ons!