SOETRISSIE KONFYT
Bron: bbc good food. com
- 8 Rooi Soetrissies, ontpit en opgekap
- 10 Rooi rissies opgekap
- Duimgrootte stuk gemmer, geskil en gekneus
- 8 Knoffeltone
- 400g blik Kersietamaties
- 750g Strooisuiker
- 250ml Rooiwyn Asyn
- Plaas soetrissies, rissies met pitte, gemmer en knoffel in 'n voedselverwerker en kap fyn. Skraap in dikboom kastrol en voeg die tamaties, strooisuiker en asyn by. Laat alles kook.
- Skep skuim af, draai hitte af en prut vir 50 min. Roer gereeld.
- Sodra die mengsel klewerig begin raak, kook nog vir 10-15 minute. Dit moet nou soos dik borrelende lawa lyk.
- Giet in gesteriliseerde flesse, verseël en laat afkoel. Hou vir 3 maande in koel doniker plek.
- Bêre in yskas na oopgemaak.
Bron: bbc good food. com