SOETRISSIES IN OLYFOLIE
BESTANDDELE
1 kg ferm soetrissies (enige kleur)
1 lourierblaar
Paar peperkorrels
1 knoffeltoon, geskil
2 takkies tiemie
sout
Extra virgin Olyfolie
METODE
Bron: cookingnewyorktimes.com
Foto: https://cooking.nytimes.com/recipes/12167-sweet-peppers-conserved-in-oil?join_cooking_newsletter=false®ister=google
BESTANDDELE
1 kg ferm soetrissies (enige kleur)
1 lourierblaar
Paar peperkorrels
1 knoffeltoon, geskil
2 takkies tiemie
sout
Extra virgin Olyfolie
METODE
- Braai die soetrissie oor 'n rooster of in die oond. Sodra geskroei is, verwyder van hitte en plaas in 'n bak. Maak die bak dig toe met plastiek en hou eenkant tot afgekoel.
- Skil nou die rissies af en verwyder die pitte.
- Sny die rissies in 3 of 4 wye repe.
- Vee droog met handdoekpapier en geur met sout.
- Gooi bietjie olyfolie onder in twee gesteriliseerde klein flesse.
- Plaas lourierblaar en knoffel in elke fles, dan 'n lagie soetrissie repe.
- Sprinkel olyfolie oor en herhaal proses tot fles vol is.
- Druk 'n tiemietakkie in elke fles.
- Bedek nou alles met genoeg olie, tot heeltemal vol en sit deksel op.
- Los by kamertemperatuur vir 'n dag en sit dan in yskas
Bron: cookingnewyorktimes.com
Foto: https://cooking.nytimes.com/recipes/12167-sweet-peppers-conserved-in-oil?join_cooking_newsletter=false®ister=google