SOET-SUUR THAISE SLAAI
Louise Groenewald
Soet-suur Thaise slaai (spicy – mild) – eie resep
(Om te bottel)
1 kg grofgerasperde Wortel
1 kg gekerfde Kool
1 bossie Koljanderblare (Coriander) skoon afgewas
2 Groot uie, gehalveer en dun ringe gesny
1 eetlepel knoffel, fyngemaak
50g Thai Green Curry paste
3 eetlepls Ina Paarman Masala spice
Halwe koppie mild sweet chillie sous
3 koppies wit asyn
3 koppies suiker
2 teelepels sout
Omtrent 7 eetlepels Maizena om te verdik
Plaas die uie en knoffel in ‘n groot pot saam met ‘n bietjie olie. Roer die Thai green curry paste daarby en roerbraai op lae hitte vir vyf minute. Voeg die asyn, suiker, sout en ander speserye by en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Voeg dan die groente by en kook rustig vir 15 minute. Verdik met die Maizena wat met bietjie van die sous in die pot gemeng word of ‘n bietjie water. Bottel in warm gesteriliseerde glas flessies.
Heerlik saam met vis en koue hoender.