SUURLEMOEN- EN WITWYN ASYN
Ben Rautenbach
Skil 4 suurlemoene dun af.
Halveer die afgeskilde suurlemoene en druk die sap uit(gooi die doppe weg).
Skil en kneus 6 knoffelhuisies.
Kap n bossie vars suurlemoentiemie grof op.
Meng die suurlemoenskille en suurlemoensap,knoffel,tiemie,1 liter witwynasyn,500 ml droë witwyn en 3 lourierblare in n groot fles, verseël dit en laat die inhoud minstens n maand lank by kamertemperatuur trek.
Sug die mengsel deur en bottel die filtraat (gooi die res weg).
n Dun reep vars suurlemoenskil kan in bottel(s) geplaas word.
Bewaar die asyn op n koel plek en gebruik dit in slaaisous.