SUURLEMOENJELLIE
Snipper 12 suurlemoene met skil en al op en verwyder die pitte.
Plaas die suurlemmoensnippers in n bak en bedek dit met koue water.
Laat dit vir 24 uur lank staan.
Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 2 uur lank oor matige hitte.
Syg die mengsel deur en meet die hoeveelheid filtraat af.
Voeg 500 g suiker elke 625 ml filtraat.
Verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Kook dit vir 10 minute lank vinnig en daarna oor matige hitte tot dit jel as n klein bietjie van die stroop op n koue piering getoets word.
Skuim dit af, bottel warm en verseel dadelik.
Bron: Lekker vir Later
Ingestuur deur: Naomi le Roux
Foto: Internet