TAMATIE KONFYT MET SPESERYE GEURTJIE
Amanda Struwig
1 Kg Tamaties (nie nodig om te skil nie - maar is opsioneel)
750 gram Suiker
20 - 30 ml Suurlemoensap
1 Kaneelstokkie
5 heel Naeltjies
Stukkie gemmer, gekneus (opsioneel)
Sny tamaties in kwarte (as jy die kleiner roman soort gebruik), Vir groter tamaties, sny in kleiner stukkies.
Pak in lae van tamaties en suiker in kastrol en los tot suiker gesmelt het.
Roer goed deur en skakel plaat aan op lae hitte.
Jy kan nou al die res van die bestanddele byvoeg en verhit tot al die suiker heeltemal opgelos het.
Stel plaat bietjie hoër en laat goed kook tot die pieringtoets vir jou reg lyk.
Roer gereeld.
Bottel warm en verseël.
Ek draai die bottels dan om dat dit goed afkoel om kondensasie naby die deksel te voorkom, maar dis elkeen se eie keuse!
Pieringtoets
Skep bietjie konfyt in 'n koue piering. Jy kan hom in die yskas plaas vir 'n rukkie.
As jy jou vinger deur dit trek, moet dit nie terugvloei, dan is die konfyt reg.
Pasop vir te lank kook ook, konfyt kan tameletjie raak!