TAMATIE KONFYT
Francina de Flamingh
Gooi tamaties in kookwater –
haal uit en trek skil af –
Weeg nou jou tamaties –
vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker –
gooi die tamaties onder in jou pot –
druk sommer so met jou hand die tamaties effe fyn –
gooi nou die suiker bo-oor –
laat staan so ‘n rukkie dat die suiker begin smelt –
Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af –
roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie –
gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in –
Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is.
Om te toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan paar minute –
as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet dit soos ‘n traandruppel stadig afloop, indien dit soos water afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.
Bottel warm
TAMATIE KONFYT
Gertryda Kotze
Ek kook net tamatie konfyt van die regte konfyt tamatie. Hulle is nie so waterig nie.
Ek maak ook heel tamatie konfyt van hul.
Ek maak ook my konfyte anders as wat resepte sê .
Ek wil die vrug proe in konfyt en daarom is my suiker baie minder
1. Gooi kookwater oor tamaties om die skilletjie te verwyder
2. Weeg tamaties
3. Sny tamaties op in stukkies
4. 1 kg tamaties vir 600gr suiker
5. Gemmer stuk opsioneel
6. Vir n ander smaak voeg 1 pomelo huisies per 1 kg tamatie waarvan die velletjie verwyder is, by
7. Meng suiker en tamatie in kastrol
8. Los oornag
9. Kook die mengsel die volgende oggend sodra suiker opgelos is
10. Kook omtrent 25 min.
11. Bottel en seel
Bron: Gertie Kotze
TAMATIE KONFYT
Die resep kom uit resepte boek wat my ma al die jare gebruik het. Bethal gemeente het die resepte boek saamgestel uit uitgesoekte resepte van 'n hele aantal baksters in 1980.
1. Weeg tamaties.
2. Vir elke 500g tamaties gebruik 500g suiker.
3. Prik tamaties met vurk laat staan vir halfuur in kalkwater of sout.
4. Spoel af.
5. Smeer die kastrol se boom met olie of margarien.
6. Gooi ongeveer 'n halwe koppie water in die kastrol.
7. Pak tamaties en suiker in lae in die kastrol.
8. Verhit totdat suiker opgelos is en kook dan tamaties tot dit helder en die stroop dik is.
9. Terwyl tamaties kook, gooi 4e suurlemoensap en bietjie gekneusde gemmer by (DIS VIR ELKE 3KG TAMATIES).
10. Laat afkoel en bottel (bottels moet lou watm wees).
NB: Ek het 2kg tamaties gebruik en net 1kg suiker op die 2kg tamaties, anders is hy verskriklik soet (pas hom maar aan volgens hoe soet julle die tamatiekonfyt wil he.)
Resep: Alet Leuchtenberger
PETRE SE FYN TAMATIE KONFYT
Petré Van Jaarsveld
3 kg Tamaties fyn gemaal
2.5 kg Suiker
4 heel Naeltjies
3 spuite Suurlemoensap
Botter om pot se rand te smeer
Meng fyngemaalde tamaties , naeltjies en suiker tot n stroop.
Smeer pot se rand met botter.
Kook op hoog vir 30 minute… voeg suurlemoensap by en kook nog 5 minute… Bottel warm

Christa Du Plessis
Vir elke 1 kg tamaties (skillitjies af) 750 gram suiker en 20 ml suurlemoensap.
'n stukker gemmerwortel
Laat lê die tamaties oornag of ten minste 4 ure in lae van tamaties suiker tamaties suiker sodat dit 'n lekker stroop trek.
Begin baie stadig te kook en roer aanhoudend tot al die suiker opgelos is. Kook dan al vinniger tot die konfyt effe donker en dikkerig is.
Ek sit 'n klein wit bordjie in die vrieskas en toets dan die stroop op die koue bordjie. As jy jou vinger deur dit stoot maak dit sulke rippeltjies.
Bottel kokend in gesteriliseerde bottels
TAMATIE KONFYT
Elsje Stander
Skil tamaties en sny in stukkies
Gebruik 1 kg tamaties,
750g wit suiker,
20 ml suurlemoensap en paar knoetse vars gemmer in skywe gesny en gekneus.
Ek los my gemmer in konfyt.
Meng alles tot suiker stroop vorm
Toets na 1 uur konfyt op piering uit vrieskas. Konfyt moet plomp uit lepel.
Bron: Lekker vir later - Anette Human