TAMATIESMOOR
Brenda Litzke
Ek het die heerlikste tamatiesmoor gemaak en gebottel. (In die middel).
Ek het bruin suiker gebruik en ook bietjie gedroogde rissies vir ekstra smaak bygevoeg, en ‘n blikkie tomato paste ingeroer.
Ek gebruik ‘n waterbad vir so 10 minute, maar die resep wat ek gebruik het verduidelik hoe om te maak vir veilige raklewe. Onthou altyd, die geheim is om te verseker dat jou deksels seel as gevolg van die hitte.
500g uie, fyngekap
2kg tamaties, fyngekap
15ml gedroogde basielkruid ( of 30ml vars basielkruid)
25ml suiker
2ml fyn swart peper
10ml seesout
1 blikkie tamatie paste (my byvoeging)
Rissie na smaak
Braai die uie in ’n groot pot tot deursigtig en sag.
Voeg nou die tamaties sowel as die res van die bestanddele by en laat dit oor stadige hitte prut vir ongeveer 1 uur totdat die sous lekker dik is.
Begin dadelik die bottels voorberei sodra die tamaties in die sous bygevoeg word, sodat alles gereed is om te bottel die oomblik as die sous klaar gekook is.
Was eers jou bottels goed en spoel deeglik af (moet nie afdroog).
Pak al jou bottels net so nat onderstebo in die oond.
Skakel nou die oond aan op 100 grade.
Sit die deksels in ’n pot met water op die stoof en bring tot kookpunt terwyl jy die sous kook en draai dan die plaat af, sodat die deksels net aanhou prut.
Sodra dit gereed is, neem nou jou warm bottels uit die oond en skep jou sous in die bottels met behulp van ’n tregter sodat die rand van die bottels nie vol stroop word nie.
Vul die bottel tot 1 cm van die borand af en skroef die deksels op.
Pak dit eenkant om af te koel maar pasop om die bottels te na aanmekaar te pak aangesien die middelste bottels sal aanhou kook en jou sous kan dalk brand.
Pak dit minstens 20 cm uitmekaar.
Sodra die bottels afgekoel is, was af en plak ’n etiket op elke bottel met die naam van die inhoud sowel as die datum waarop dit gemaak is, sodat jy altyd die oudste eerste kan eet.
Die resep: boervrou. co. za