TUISGEMAAKTE SELDERYSOUT
Amanda Struwig
Gebruik:
Selderyblare en Seesout
Instruksies:
Gebruik al die mooi blare van seldery (wat mens gewoonlik weggooi), nie die verleptes. Spoel af, en droog met 'n skoon vadoek.
Rangskik die blare egalig, sonder om oormekaar te gaan, op 'n gewone bakplaat en sit net vir paar minute in oond (wat jy dalk besig is om warm te maak vir iets anders). M.a.w. die oond moet nie te warm wees.
Hou die blare dop en verwyder sodra dit uitgedroog is. Dit neem letterlik 5 - 10 minute. Laat dit heeltemal afkoel.
Sit die blare nou in 'n groot bak en krummel dit tussen jou vingers, so fyn of grof soos jy verkies. Daar sal stukkies wees wat nie wil krummel, gewoonlik die aartjies van die groter blare, gooi hulle weg.
Meet nou die volume van jou gekrummelde selderyblare en kombineer met 1:1 of 1:1.5 keer die volume met sout.
Bere in speseryhouertjie met deksel mooi toegemaak.