OM VRUGTE TE VRIES VIR LATER KOOK
Berei jou sagte vrugte voor as volg:
Aarbeie
Pere
Koejawels
Perskes
Appelkose
Spoel af
Sny stingels/pitte/slegte merkies uit
Sny in verlangde grootte.
Weeg jou vrugte en weeg jou suiker daarvolgens af
Gebruik roomysbakke - dis gerieflik
Pak laag vrugte, dan laag suiker en hou aan tot als opgebruik is
Vries dan net so
As jy reg is om te kook, haal uit en laat sag word
Roer goed deur en sit in pot
Verhit stadig tot al die suiker gesmelt is
Kook dan verder volgens jou resep of tot reg is.
Heel vrugte
Vye, ensovoorts
Was en skrop vye
Sny kruisie by die blommetjie
Laat droog word en vries net so.
Kook net so gevries in water tot sag genoeg dat vuurhoutjie deur kan steek.
Kook stroop apart
Haal vye uit kokende water en skep in kokende stroop.
Kook dan verder soos gewoonweg.