WILDS DROëWORS
Daar is verskeie resepte vir droewors.ek gebruik hierdie een,dit is lekker en werk goed met wild en bees.
Wildsvleis moet meer vet bykry as beesvleis
Wild 25 persent vet
Bees 20 persent vet
Onthou,met droewors word slegs sagte brisket vet of skaapstertvet gebruik,nooit varkvet nie,dit word galsterig
Wildsvleis
Enige wildsvleis kan vir droewors gebruik word,maar ek verkies die volgende:
Blesbok
Eland
Springbok
Swartwildebees
Blouwildebees
Rooihartbees
Ek gebruik nie sebra nie,dit is n perd wat pajamas dra!
Ons maak gewoonlik 40 kg op n slag.ek gaan die bestandele per kg vleis plaas sodat jy kan aanpas
Bestanddele:
43 ml goeie bruinasyn per kg vleis
2,82 gram vegamine per kg vleis [vegamine is n fyn poeier wat baie gou hard en taai word as dit aan lug blootgestel word,verseel dus die sak goed na oopgemaak,beskikbaar by groot speseryhandelaars]
1 gram fyn naeltjies per kg vleis
0,92 gram fyn varsgemaalde swartpeper per kg vleis
0,5 gram fyn gemmer per kg vleis
17,2 gram fyn sout per kg vleis
12 gram varsgemaalde koljander per kg vleis.
Nota;ek kon dit nog nooit regkry om koljander mooi in n droe pan te skroei voor maal nie.
Die oplossing is lagwekkend maklik,speserye hoef nie geskroei te word nie,slegs verhit te word om die volle geur vry te stel.ek verhit my heel speserye in mikgrogolf tot goed warm,en maal dan.
4 gram braaivleisspesery per kg vleis
1,2 gram gemaalde neut per [nutmeg] per kg vleis
Proses
Sny vleis en vet in 2 cm blokkies.verwyder senings van vleis
Sit vleis in groot bak en gooi asyn oor,meng goed
Meng speserye baie goed en gooi oor vleis,meng goed deur met jou hande
Laat oornag staan op koel plek
Maal deur growwe plaat en roer gemaalde vleis sodat dit goed kan meng.
Spoel die sout op jou derms goed af,plaas in louwarm water waarin n bietjie wit asyn bygevoeg is,ek gooi water deur elke derm
Stop die wors liggies,nie styf nie
Plaas weer oornag op n koel plek sodat die geure kan bind
Druk effens plat sodat daar nie lug in wors is nie en hang in n vlieevrye omgewing op om te droog.ek gebruik n waaier om die proses te help
Resep: Henk Boshoff