WORTEL- EN PYNAPPELKONFYT
Susan Venter
Sny en maal die wortels en kook dit in klein bietjie water tot sag.
Jy kan ook die wortels net grof rasper dan lyk dit soos snipperperskes.
2 Pynappels gerasper en tikkie gemmer en kaneel
Dreineer die wortels en meet die hoeveelheid moes af.
Weeg die moes en voeg net soveel suiker by as die hoeveelheid moes en ’n bietjie suurlemoensap (± 20 ml of meer) en gerasperde suurlemoenskil.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte matig vinnig tot dik... roer dit gereeld en skuim dit af.
Bottel en verseël dadelik.